StinkieOuderdom: 1 |
![]() |
|
MarmeladeOuderdom: 6 |
EinsteinOuderdom: 284 daeGesin: 'n Spul broers en susters in die troeteldierwinkel (of waarookal hulle nou is), maar nie een is so slim soos ek nie! Taal: Rot Gunsteling kos: Kaas Ek hou van: Uit Rashied se sak te loer, op Stinkie se rug te ry, skaatsplankry, maar meeste van alles om Marmelade MAL te maak! |
|
![]()
|
MikaOuderdom: 2
Graad: Kleuterskool
Gesin: Ek bly by Mamma, Pappa, my ousus, Emma, wat vyf is, en my groot broer, Kurt. Kurt is al tien.
Troeteldiere: Stinkie woon by ons.
Taal: Engels en Frans
Gunsteling-Kos: Jellie en sap
Gunsteling-Klere: Ek hou van nuwe klere – nie al die oues wat Emma en Kurt eers gedra het nie.
Gunsteling-Skoolwerk: Ek hou van krabbel en teken!
Gunsteling-Speelgoed: Emma se speelgoed is my gunstelinge, maar sy laat my nie altyd toe om met hulle te speel nie. Dan speel ek maar op my trom, veral baie vroeg in die oggend wanneer die ander in die huis nog slaap.
Ek Hou Van: Teken en sing en hande klap en dans. Ek jaag ook graag vir Stinkie, veral wanneer hy een van my sokkies kom gaps en daarmee weghardloop!
|
SamOuderdom: 3
Graad: Kleuterskool
Gesin: Ek woon by Mamma en my bababoetie.
Troeteldiere: Marmelade is die slimste kat in die hele wêreld. Sy woon by my maatjie Jody verder in die straat, maar kom speel met Ossie wanneer ek en Jody by die skool is.
Taal: Afrikaans en Engels
Gunsteling-Kos: Van alle soorte kos is broodjies met grondboontjiebotter vir my die heel, heel lekkerste!
Gunsteling-Klere: Ek dra graag pienk T-hemde en spanbroeke. Ek hou niks van die krapperige valletjiesrok wat Mamma my vir my verjaarsdag laat aantrek het nie.
Gunsteling-Skoolwerk: Ek lees graag boeke saam met Mamma, en partykeer bak ons koekies en smeer lekker taai versiersuiker bo-op. Njammies!
Gunsteling-Speelgoed: Ossie is my speelgoedvolstruis en my beste maatjie. Ons twee gaan oral saam. Eenkeer het ek Ossie ’n rukkie lank verloor en ek was toe baie, baie hartseer.
Ek Hou Van: Ek maak graag tente om in te speel. Daar is baie dinge wat ’n mens kan gebruik om ’n tent te maak, maar dan sê Mamma altyd ek moet die handdoeke en komberse gaan bêre!
|
|
|
BenOuderdom: 4
Graad: Kleuterskool
Gesin: Ek woon by Mamma, Pappa en Ouma.
Troeteldiere: Ek het nie op die oomblik ’n troeteldier nie, maar ek wil baie graag ’n padda vir my verjaarsdag hê!
Taal: Engels en Zulu
Gunsteling-Kos: Waatlemoen
Gunsteling-Klere: T-hemde, kortbroeke en my rooi pet
Gunsteling-Skoolwerk: Ek hou van nuwe dinge en ek vra gewoonlik BAIE vrae.
Gunsteling-Speelgoed: Ek hou die heel meeste van my visstok en my sokkerbal!
Ek Hou Van: Ek hou daarvan om dinge te maak – hoe morsiger hoe beter. Ek hou ook daarvan om balle rond te skop, hulle te slaan of te laat hop.
|
EmmaOuderdom: 5 |
![]() |
![]() |
MandlaOuderdom: 6
Graad: 1
Gesin: Ek woon saam met my ouma en in die vakansie gaan kuier ek vir my ooms en tannies en nefies en niggies.
Troeteldiere: Geen, maar ek wil baie graag ’n paar visse hê.
Tale: Engels, Xhosa
Gunsteling kos: Vrugtestafies
Gunsteling klere: Gholfhemde
Gunsteling skoolwerk: Ek is maI oor Gesyferdheid, veral om storiesomme uit te werk.
Gunsteling speelgoed: Mikroskope, sokkerballe
Ek hou van: Eksperimente, getalspeletjies, sokker, luister na my ouma se stories
|
JodiOuderdom: 7
Graad: 2
Gesin: Ek woon saam met my pa.
Troeteldiere: Marmelade, die slimste kat in die wêreld!
Tale: Afrikaans, Engels
Gunsteling kos: Kougom
Gunsteling klere: T-hemde, kortbroeke, jeans
Gunsteling skoolwerk: Wiskunde, veral as ons baie somme vinnig moet doen!
Gunsteling speelgoed: Rekenaarpeletjies, MP3-speler
Ek hou van: Karate, boomklim, swem, met my vriende speel, rekenaarspeletjies, strokiesprente
|
![]() |
![]() |
JacoOuderdom: 7
Graad: 2
Gesin: Ek woon saam met my ma, pa en my twee susters. My ouma woon ook saam met ons. My susters hou nie baie van my goggaversameling nie, so hulle kom nie naby my kamer nie!
Troeteldiere: Nie op die oomblik nie, maar ek het gevra vir ’n groot, harige spinnekop en ’n slang vir my verjaarsdag.
Tale: Afrikaans, Engels
Gunsteling kos: Toffies, sjokolade
Gunsteling klere: Sportklere, T-hemde, kortbroeke
Gunsteling skoolwerk: Ek hou nie soveel van skoolwerk soos van sport nie, maar ek probeer regtig hard in al my vakke.
Gunsteling speelgoed: Fiets, sokkerbal, krieketstel, visstok, goggaboks
Ek hou van: Allerhande sport (fietsry, sokker, krieket), dromme speel, visvang saam met my pa
|
LeboOuderdom: 8
Graad: 3
Gesin: Ek woon saam met my ma en pa. Ek het ’n ouer broer wat in Londen woon. Hy gaan amper vir ons kom kuier.
Troeteldiere: Geen, maar ek sal baie graag ’n hasie of twee wou hê.
Tale: Sotho, Engels, Afrikaans
Gunsteling kos: Smartz sjokolade-bolletjies mrt ‘n suikerlagie.
Gunsteling klere: Ek hou van die nuutste modes en kikker dit graag op met bykomstighede soos handsakke, juweliersware en serpe!
Gunsteling skoolwerk: Ek hou van al my skoolwerk, maar hou die meeste van musieklesse.
Ek hou van: Sing, na musiek luister en om hip-hop te dans.
|
![]() |
![]() |
RaviOuderdom: 8
Graad: 3
Gesin: Ek woon saam met my ma, pa, ouma en oupa. Ek het ook ’n klein sussie wat altyd met my speelgoed en my vriende wil speel.
Troeteldiere: Geen, maar ek wil baie graag ’n rot hê.
Tale: Engels
Gunsteling kos: Springmielies
Gunsteling klere: T-hemde, broeke met baie sakke, my seerowerklere
Gunsteling skoolwerk: Ek is mal daaroor om somme reg te kry en om vrae oor stories te beantwoord.
Gunsteling speelgoed: Skaatsplank, rekenaarspeletjies
Ek hou van: Skaatsplankry, rekenaarspeletjies speel
|
RashiedOuderdom: 13Graad: 7 Gesin: Ek woon by my tannie en neefs. My ma is oorlede toe ek klein was en my pa werk in die Midde-Ooste, maar hy kom kuier gereeld en bel my twee maal ’n week. Ek’s baie lief vir my nuwe familie. Dis net partykeer . . . soos laat in die aand . . . dat ek wens my ma was hier om my ’n drukkie te gee. Ek’s nie altyd so sterk en opgewek as wat my maats dink nie. Troeteldiere: Einstein, die malste, koelste rot suid van die ewenaar Taal: Afrikaans en Engels en ’n bietjie Xhosa Gunsteling-Kos: Mielieskyfies en gegeurde water – veral saam met my tannie se beroemde hoenderkerrie Gunsteling-Klere: Jeans en T-hemde of kakiebroeke en hemde Gunsteling-Skoolwerk: Wiskunde Gunsteling-Speelgoed: Enigiets wat met tegnologie te doen het. My koelste besittings is my MP3-speler, Playstation en my koel selfoon (dis een wat my pa nie meer gebruik nie, maar nog steeds baie koel!). En my rugbybal met John Smit se handtekening op. O ja, en die fantastiese nuwe boek oor Suid-Afrikaanse rugby wat my pa nou die dag vir my gekoop het: Speel rugby. Ek Hou Van: Speel met tegnologiese uitvindsels, rugby speel, uithang saam met my neefs, en vir Einstein help om Marmelade te terg! |
![]() |
![]() |
LindiweOuderdom: 11Graad: 5 Gesin: My ma is verslaaf aan draf en my pa speel elke liewe naweek sokker. Ek het lastige tweelingboeties wat stout is by die skool dat ek my gedurig vir hulle moet skaam. Dalk hardloop ek so vinnig omdat ek al so lank oefen om vir hulle weg te hardloop! Troeteldiere: Niks op die oomblik nie, maar ek wil graag eendag my eie resiesperd hê. Taal: Zoeloe, Engels, Afrikaans Gunsteling-Kos: Koekies en koeldrank Gunsteling-Klere: Ek dra altyd sportklere! My vriende spot my gedurig daaroor. My drafklere en karatepakke is my gunstelinge! Gunsteling-Skoolwerk: Ek is mal oor syfers en woordsomme. Dis vir ny heerlik om te sien hoe verskillende mense verskillende metodes gebruik om dieselfde somme te doen en dieselfde antwoord te kry! Gunsteling-Speelgoed: Karatepak, skopfiets, Nintendo Wii Ek Hou Van: Draf, swem, karate, sokker, tou spring, Wii speel en fliek |
NilahOuderdom: 12Graad: 6 Gesin: Ek woon saam met my ma, sussie, tannie, twee niggies, my ouma en my oupa. Ek is baie lief vir my groot, vrolike familie – al raak die huis partykeer ’n bietjie besig. As dit gebeur, soek ek ’n stil hoekie iewers om net ’n slag alleen te wees. Troeteldiere: Marmelade, die slimste kat in die wêreld, het my aangeneem. Wanneer dinge te dol gaan by ons huis, sluip sy weg na Jody-hulle toe en gaan lê op ’n stil plekkie. Jy kan maar sê ons deel haar! Taal: Engels en ’n bietjie Afrikaans, Zoeloe en Hindi Gunsteling-Kos: Samoesas, jellielekkers en vrugtesap Gunsteling-Klere: Ek hou van regte meisieklere. Ek dra graag rompe en toppies, oorbroeke en enigiets pienk of ligpers! Gunsteling-Skoolwerk: Kuns, musiek, dans en opstelle skryf Gunsteling-Speelgoed: My nuwe esel en spesiale kunspapier, verf en potlode. En natuurlik my helderpienk elektriese kitaar! Ek Hou Van: Teken, skilder, skryf, lees en fliek |
![]() |
![]() |
KurtOuderdom: 10Graad: 4 Gesin: Ek woon saam met my ma, pa en twee sussies. Emma is vyf en in Graad R by my skool. Mika is nog net twee en sy kan VREESLIK raas. Troeteldiere: Stinkie Taal: Afrikaans, Frans en Xhosa Gunsteling-Kos: Springmielies, rosyntjies en energiedrankies Gunsteling-Klere: Ek hou van lekker los klere soos sakkerige broeke, my gunstelingpet en koel T-hemde. Ek sou graag soos ’n regte skaatsplankryer wou aantrek, maar my ma en pa stem nie altyd saam nie! Gunsteling-Skoolwerk: Ek is mal oor Afrikaans, veral lees. Wanneer ek nie met my J-board op die sypaadjie jaag nie, lê ek meestal opgekrul op my bed met ’n lekker boek. Ek lees op die oomblik ’n koel nuwe reeks oor ’n Suid-Afrikaanse outjie, Jason Justus. Jason speel fantasties rugby en los graag geheime op saam met sy vriende. Jy moet dit regtig lees Gunsteling-Speelgoed: J-board, MP3-speler en my nuwe krieketkolf Ek Hou Van: Lees, skaatsplank ry, rugby en krieket speel |