Die Suid-Afikaanse Kurrikulum
Die Suid-Afrikaanse Kurrikulum word die Kurrikulum- en Assesseringsbeleid Verklaring (CAPS) genoem. Baie mense wat by onderwys betrokke is, verwys daarna as die CAPS dokument. Dit is ’n enkele, omvattende en bondige beleidsdokument, wat in 2011 die Vak- en Leerarea Verklarings, Leer-Program Riglyne en Vak Assesseringsriglyne vir al die vakke vervang het.
CAPS maak deel uit van die Nasionale Kurrikulum Verklaring Graad R – 12, wat ’n beleid verklaring voorstel vir leer en onderrig in Suid-Afrikaanse skole en die volgende beslaan:
a) Kurrikulum- en Assesseringsbeleid Verklarings (CAPS) vir alle goedgekeurde vakke
b) Nasionale beleid met verwysing na die program- en bevorderingsvereistes van die Nasionale Kurrikulum Verklaring Graad R – 12; en
c) Nasionale Protokol vir Assessering Graad R - 12
Die implementering van die Nasionale Kurrikulum Verklaring Graad R – 12 is soos volg:
- Januarie 2012 in Graad R – 3 en Graad 10
- Januarie 2013 in Graad 4 –6 en Graad 11
- Januarie 2014 in Graad 7 –9 en Graad 12.
Om meer uit te vind, besoek: www.education.gov.za